Geskiedenis

Geskiedenis en ontstaan van Lewende Woord Delmas

Lewende Woord Delmas het 22 jaar gelede eers as 'n huis sel in Delmas begin wat later in 'n volwaardig kerk ontwikkel het. In Mei 2013 het die Here die van Staden gesin in Delmas geplant. Marius is aangestel as assistent pastoor en in Augustus 2015 is hulle aangestel as Herderspaar van Lewende Woord Delmas.

Marius en Mari-Lise het beide by Lewende Woord se Bybelskool hul teologie graad behaal. Marius het einde 2000 saam met Fanie Coetzer, wat ook deel van die Lewende Woord familie is, begin werk. In 2001 het Marius saam met Fanie Coetzer Lewende Woord Westerlig geplant. Vir 12 jaar was Marius mede-leraar by LW Westerlig en het hy hier in Delmas as mede-leraar begin bedien in Mei 2012.

Ons herderspaar het vir baie jare gebid en gedroom oor hul eie gemeente. Min het hul geweet dat die Here hul juis in Delmas geplaas het sodat die laaste legkaartstukkies van hul droom, inmekaar kon pas. Die Here het hul voorberei, gebrei en gevorm om reg te kon wees om op te staan op 1 Augustus 2015 as ons Senior Herderspaar.

Marius en Mari-Lise is geseend met 4 pragtige seuns. Hierdie gesin is lief vir die Here en leef hul liefde vir Hom voluit. Hul harte is om Delmas terug te laat keer na die Here, om Delmas se kerke weer vol te sien en om die gemeenskap te bedien. Hulle wil sien dat die skole getransformeer word sodat hierdie nuwe generasie die Here sal liefhe en aankleef.